8 minuut jogurtkaaskoek

IN JOU MIKROGOLF 

Dié resep het my ma per SMS met my gedeel omdat dit so maklik is! En ja, net 8 minute, afkoel – en jy het kaaskoek!

GENOEG VIR 1 TERT

Ingredients:

• 1 x 200 g-pakkie klapperkoekies

• 100 g (110 ml) botter, gesmelt

• 500 ml dik Griekse jogurt

• 1 x 385 g-blik kondensmelk

• 5 ml vanieljegeursel

• 100 g witsjokoladesplinters

• sap en gerasperde skil van

2 suurlemoene

• versiersuiker vir oorsif

• witsjokoladesous van jou keuse

Method:

Plaas koekies in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot fyn. Voeg botter by en meng tot klam mengsel vorm. Voer mikrogolfbestande broodpan van 20 x 14 cm se bodem met bakpapier uit en spuit pan goed met kleefwerende kossproei. Voer pan se bodem uit met koekiemengsel.

Meng res van bestanddele saam en gooi op kors in broodpan. Plaas in mikrogolfoond en verhit 8 minute op hoog. Laat afkoel tot kamertemperatuur en plaas in yskas vir 4 – 6 uur. Keer uit op opdienbord en sif versiersuiker oor. Sit voor met witsjokoladesous van jou keuse.

All the Recipes, Articles and Photos we share are copyrighted to their respective owners (original creatos) and we don't claim any right or ownership on them. We re-share (or modify) only what articles and recipes our users, fans and people send to us or ask from us on our different social media platforms. We credit the authors if we know who created the article. If we have shared any thing that you own the copyright and want to get credited or want to remove it from our site, please contact us by clicking here... Thank You!

Back to Top