SKUIMPIES (WENNER)

SKUIMPIES (WENNER)

1 eierwit van ‘n ekstra-groot-eieir

250 ml strooisuiker

30 ml kookwater

15 ml asyn

2 ml bakpoeier

druppel voedselkleursel

Gooi die eierwit, strooisuiker, kookwater en asyn in ‘n mengbak en klits dit vinnig totdat die meringue stywe puntjies vorm as jy die klitser optel (±13min lank).

Vou die bakpoeier liggies in die meringue in.

Skep dit in versierbuis en spuit uit op gesmeerde pan of skep teelepels vol op pan.

Versier met 100 & 1000 as jy wil.

Voorverhit die oond tot 100°C.

Bak skuimpies 1 en half uur. Bak ongeveer net 1 uur as dit klein skuimpies is soos P&P sin en as dit bv nessie groote is kan jy dit 1 en halfuur bak.

Wanneer skuimpies klein is en dit bak te lank word hulle bruinerig. As dit groot skuimpies is, bak 2 ure, hou maar dop.

Skakel die oond af, los in die oond en HAAL UIT WANNEER OOND KOUD IS.

Moenie oond oopmaak voor oond heeltemal koud is nie dit veroorsaak kraakies op skiumpies.

Bewaar in ‘n lugdigte houer. Die resep lewer een groot pan vol klein skuimpies. Die resep kan met groot sukses verdubbel word.

Gooi 1 teelepel koffie by kookwater vir cuppachino geur skuimpies.

Bron- Anita Scrooby

Foto: Marina Hamilton-Walker

Credits: http://www.foodloversrecipes.com/

All the Recipes, Articles and Photos we share are copyrighted to their respective owners (original creatos) and we don't claim any right or ownership on them. We re-share (or modify) only what articles and recipes our users, fans and people send to us or ask from us on our different social media platforms. We credit the authors if we know who created the article. If we have shared any thing that you own the copyright and want to get credited or want to remove it from our site, please contact us by clicking here... Thank You!

Back to Top