CubanSkyfies

Dis nou die lekkerste chips en dis vrek vullend

  • 1 Pakkie fyngemaakte bacon
  • 1 Pakkie Knorr Pasta Sous 36g (Three Cheese)
  • 2 Eetlepels koekmeel
  • 1 Vienna
  • 250ml melk
  • ‘n Handvol Gerasperde Kaas
  • Gevriesde McCAIN Skyfies
  • Speserye

Metode:

Plaas die skyfies in die mikrogolf tot dit ontdooi is. Braai die skyfies dan in kookolie tot die lekker crispy is. Haal uit en plaas dit op ‘n bord en gooi bietjie sout en speserye daaroor

Braai dan die bacon tot crispy is.

Witsous – Gooi 1 pakkie pasta sous in n mikrogolfbare bakkie. Voeg die koekmeel by. Sit gerasperde kaas by en voeg melk by en meng goed. Plaas dan in die mikrogolf vir 5 minute. Roer so af en toe.

Haal die witsous uit en voeg die gebraaide bacon by. Sny die Vienna in skyfies daarby. Meng bacon en die vienna in jou witsous in.

Bediening – Gooi jou witsous mengels oor die skyfies. Rasper bietjie kaas oor, plaas dit in die microgolf sodat die kaas bo-oop bietjie smelt. En bedien warm.

Fluit fluit my storie is uit.
Dis hemels probeer die resep.

All the Recipes, Articles and Photos we share are copyrighted to their respective owners (original creatos) and we don't claim any right or ownership on them. We re-share (or modify) only what articles and recipes our users, fans and people send to us or ask from us on our different social media platforms. We credit the authors if we know who created the article. If we have shared any thing that you own the copyright and want to get credited or want to remove it from our site, please contact us by clicking here... Thank You!

Back to Top