Lekkerste Lekker Appeltert

Bak die tert eerste en gooi dan die sous oor warm tert.

BESTANDDELE:

  • 1 k suiker
  • 3 e sagte botter
  • 3 eiers
  • 1 k koekmeel
  • 1 t bakpoeier
  • knippie sout
  • 1/4 koppie melk
  • 1 blik ingelegde appels (of ingelegde vrugte soos verkies. Bv. perskes of kwepers)
  • Spray & Cook

METODE:

Voorverhit oond tot 180 grade

Spuit ‘n oondbak met goed met Spray & Cook

Meng die botter en suiker saam

Voeg die eiers by terwyl jy roer

Voeg die koekmeel, bakpoeier en sout by en hou aan met roer tot ‘n loperige deeg

Voeg die melk by en meng goed

Skep die beslag in die oondbak

Pak die geblikte appels bo-op die beslag

Bak vir +- 40 minute

SOUS:

  • 2 k melk
  • 3/4 k suiker
  • 5 ml vanielje geursel

Kook alles saam oor lae hitte in ‘n kastrol totdat die suiker opgelos is

Hou dop sodat die melk nie oorkook nie

Gooi sous oor tert sodra die tert uit die oond gehaal word

Let wel:

Die sous trek in die deeg in terwyl dit afkoel

(druk gaatjies met ‘n mespunt in, sodat die sous kan versprei)

All the Recipes, Articles and Photos we share are copyrighted to their respective owners (original creatos) and we don't claim any right or ownership on them. We re-share (or modify) only what articles and recipes our users, fans and people send to us or ask from us on our different social media platforms. We credit the authors if we know who created the article. If we have shared any thing that you own the copyright and want to get credited or want to remove it from our site, please contact us by clicking here... Thank You!

Back to Top