Tuisgemaakte Kaassmeer

Hierdie kaassmeer gaan een van jou gunstelinge word. Dit is lekker op enige iets van brood, brosbrood tot gebraaide vis of biefstuk.

  • 250 g room kaas
  • 250 g cheddar kaas
  • 60 ml fyngekapte uie
  • 15 ml Worcester sous
  • 20 ml varsgemaalde swart peper
  • 5 ml paprika
  • Tabasco na smaak, opsioneel

Sny die cheddar in klein blokkies en plaas dit saam met die roomkaas in ‘n glasbak. Plaas in die mikrogolf en verhit in 30 sekonde frases op hoog tot net sag – roer na elke 30 sekondes goed deur. Wanneer dit sag is, voeg die uie, Worcestersous, peper, paprika en Tabasco by. Roer tot alles goed gemeng is en skep uit in ‘n skoon gesteriliseerde fles. Bewaar in die yskas.
Lewer 500 g * Per 30 g * 349kJ * Total Fat 7g *
Protein 5g * Total Carbs 0.7g * Net Carbs 0.5g

Back to Top