Ongebakte Bar-One-kaaskoek

Dis geen gewone kaaskoek dié nie! Terwyl jy daaraan smul, sal jy elke af en toe op ’n klein sjokoladeverrassing afkom.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 min.
Verkoel: 3 uur

KORS

  • 300 g sjokolade-volgraankoekies
  • 150 g botter, gesmelt
  • VULSEL
  • 15 ml (1 e) gelatien
  • 250 ml (1 k) room
  • 2 bakkies (230 g elk) roomkaas
  • 100 g strooisuiker
  • 2 stawe (55 g elk) Bar-One-sjokolade, in skywe gesny

VIR VERSIER
ekstra Bar-One-sjokolade, in skywe gesny
kakaopoeier

Kors: Druk die koekies fyn. Voeg die gesmelte botter by en meng goed. Druk op die bodem en teen die kante van ’n 22 cm-veerkoekpan vas. Bedek met kleefplastiek en verkoel in die yskas tot benodig.

Vulsel: Bedek die gelatien met 30 ml (2 e) water en laat swel. Verhit dan ’n paar minute in die mikrogolf tot gesmelt. Sit eenkant om af te koel.
Klits die room tot styf.

Klits die roomkaas en strooisuiker saam in ’n ander bak.

Vou die room in die roomkaasmengsel in. Meng ’n bietjie van die mengsel in die gelatienmengsel in, roer goed en voeg dan by die oorblywende roomkaasmengsel. Meng goed. Roer die gesnyde sjokoladestawe in.
Giet die vulsel in die voorbereide kors. Verkoel 3 uur of tot geset in die yskas.

Vir versier: Bedek met die ekstra skywe Bar-One-sjokolade en bestuif met die kakaopoeier.

Sny met ’n warm mes.

Deur Hope Malau

All the Recipes, Articles and Photos we share are copyrighted to their respective owners (original creatos) and we don't claim any right or ownership on them. We re-share (or modify) only what articles and recipes our users, fans and people send to us or ask from us on our different social media platforms. We credit the authors if we know who created the article. If we have shared any thing that you own the copyright and want to get credited or want to remove it from our site, please contact us by clicking here... Thank You!

Back to Top