Sjokolade stroopkoek

Ek het die gister gemaak. Groot sukses

  • 1 en n half koppie meelblom
  • 1 en n half koppie suiker
  • 3 eetlepels kakao
  • n kwart koppie kookolie
  • n kwart koppie kookwater
  • 6 eiers
  • n halwe teelepel sout
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel vanilla

Sif meel, kakao en suiker saam.Meng die kookolie met kookwater en gooi dit by die meelmengsel en klits saam.Skei die eiers en voeg die gele by die meelmengsel.Voeg die sout,vanilla en bakpoeier by.Klits die eierwitte styf en vou dit in die meelmengsel in.Bak in n oondpan of twee kleiner koekpanne by 180 grade celsuis vir een uur.

Stroop

  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie kookwater
  • 2 eetlepels koffiepoeier
  • 1 teelepel vanilla

Kook vir 5 minute saam en gooi oor warm koek.

Laat die koek koud word.Smeer gekookte kondensmelk en dan styfgeklopte room.Versier met flake of peppermint chrisp.Ek meng kondensmelk met room en gooi oor en strooi dan flake oor

All the Recipes, Articles and Photos we share are copyrighted to their respective owners (original creatos) and we don't claim any right or ownership on them. We re-share (or modify) only what articles and recipes our users, fans and people send to us or ask from us on our different social media platforms. We credit the authors if we know who created the article. If we have shared any thing that you own the copyright and want to get credited or want to remove it from our site, please contact us by clicking here... Thank You!

Back to Top